"Zo prediker, zo gemeente"


Ek lees vanoggend weer 'n gedeelte uit die ou boek van Overduin "Worden Als een Man" (1967-uitgegee) Dit gaan oor Geestelike Volwassenheid. Die boek het jare terug vir my baie beteken. Maar my oog vang toe een frase naamlik: " Zo prediker, zo gemeente" Die tipe vroomheid van 'n gemeente word bepaal deur die tipe prediking, kategese en sielsorg. Dit mag wees dat - met die internet en media dit deesdae nie meer heeltemal so is nie - daar is ander invloede ook. Maar wat wil Overduin sê? Dit is belangrik dat die prediker self die volle omvang van die Bybel boodskap uitleef en preek. Die prediker moet altyd onthou - dit wat gepreek word, op die einde 'n groot invloed op die teologie en lewenstyl van die gemeente het! Die wete is genoeg om elke prediker baie nederig en vol verantwoordelikheid te maak.

Reply · Report Post